Ma praat oor oomblik wat sy dogter van brandende gebou moes gooi

“Ek moes op volkome vreemdelinge vertrou om my kind te vang.”

'n Ma moes haar kind van 'n brandende gebou afgooi tydens die onruste wat in KwaZulu-Natal en ander dele van Suid-Afrika plaasvind.

'n Ma moes haar kind van 'n brandende gebou afgooi tydens die onruste wat in KwaZulu-Natal en ander dele van Suid-Afrika plaasvind. (Foto: Stuff)

DURBAN. – Naledi Manyoni (26) moes haar tweejarige dogter vanuit ‘n brandende gebou gooi om haar te beveilig.

Volgens IOL was Manyoni op die 16de vloer toe die brand Dinsdag begin het. Sy het by die trappe afgehardloop met haar dogter. Sy het op ‘n oorhang gestaan en haar dogter by die kant van die gebou laat afhang voor sy haar vorentoe gestoot het en in die arms van omstanders laat val het.

“Nadat ek my dogter van ‘n brandende gebou moes afgooi, het ek my kop in skok vasgehou”

Die omstanders het haar dogter gevang.

“Dit was vir my belangrik om my kind uit daardie situasie te kry, ek kon haar nie net daar los nie. Ek moes op volkome vreemdelinge vertrou om my kind te vang.”

Lees ook: Man gesoek na ma dood met ses steekwonde gevind word

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *