Ma wys berg wasgoed van twee maande

Sy het vir twee maande lank nie een keer wasgoed opgevou nie en dit het ’n berg in haar huis gevorm, waarop sy soos op ’n troon kon sit.

Ma wys berg wasgoed van twee maande

Ma wys berg wasgoed van twee maande Foto's: The Sun

’n Ma het haar berg wasgoed op sosiale media gedeel nadat sy tydens die inperking vir twee maande nie wasgoed opgevou het nie.

LEES OOK: Baba oorlede na toedien van laggas i.p.v. suurstof

Berg wasgoed kry ‘n naam

Kodie Quinlivan, ’n ma van vier, het ’n foto van haar berg wasgoed, wat sy Mount Fold-more genoem het, gedeel in die hoop om ander ma’s bewus te maak daarvan dat alles nie altyd perfek hoef te wees nie.

Sy het vir twee maande lank nie een keer wasgoed opgevou nie en dit het ’n berg in haar huis gevorm, waarop sy soos op ’n troon kon sit.

Quinlivan het aan The Sun gesê sy moes tydens die inperking al vier haar kinders tuis onderrig en sy het eenvoudig net nie die wasgoed weggepak nie.

“Ek het besluit om daarop te gaan sit, ’n foto te neem en mense bewus te maak van die realiteit dat ma’s nie by alles kan uitkom nie.”

Vat wasgoed na droogskoonmakers

Na twee maande het sy besluit om al die wasgoed in sakke te sit en dit by die droogskoonmakers af te laai, wat dit weer gewas, gestryk en opgevou het. Sy het 50 sakke skoon wasgoed by die droogskoonmakers opgelaai.

Sy het die foto van die sakke klere geplaas en gesê nou is dit net vir die groot uitdaging om alles weg te pak.

50 Sakke skoon wasgoed.

LEES OOK: Onopgeloste saak: Natalee Holloway

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected]

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *