Onopgeloste saak: Natalee Holloway

Alhoewel daar sewe grootmense was wat die tieners vergesel het, het hulle net een maal per dag met die tieners in kontak gekom.

Onopgeloste saak: Natalee Holloway

Onopgeloste saak: Natalee Holloway

Die onopgeloste saak van Natalee Holloway het in 2005 groot opslae regoor die wêreld gemaak. Nou, 16 jaar later, is daar steeds geen antwoorde in die soeke na wat werklik met Natalee gebeur het nie.

LEES OOK: Baba oorlede na toedien van laggas i.p.v. suurstof

Natalee Holloway bly ‘n onopgeloste saak

Natalee Holloway (18), ’n senior leerder aan die Hoërskool Mountain Brook in Alabama het op 26 Mei 2005 saam met 124 ander leerders van haar graad na Aruba gevlieg om die einde van hulle skoolloopbaan te vier.

By hulle aankoms op die Karibiese Eiland en so ook tydens die vier dae lange vakansie het Natalee glo oormatig gedrink, soveel so dat sy twee van die oggende ontbyt gemis het. Die ander oggende het sy glo mdie dag et skemerkelkies begin.

Alhoewel daar sewe grootmense was wat die tieners vergesel het, het hulle net een maal per dag met die tieners in kontak gekom.

Daag nie op vir vlug nie

Dae later, op 30 Mei 2005, toe dit tyd was vir die leerders om terug te keer na Alabama toe, het Natalee nie vir haar vlug opgedaag nie. Haar gepakte tasse en besitting is onaangeraak in haar motelkamer gevind.

Natalee se ma en stiefpa het met ‘n gehuurde vliegtuig na Aruba gevlieg en die soeke na Natalee het begin. Duisende vrywilligers het die area en selfs oor die see gefynkam op soek na haar, maar sy is nie gevind nie.

Ondersoek lei tot verdagtes

Die ondersoek het die polisie na drie verdagtes gelei wat Natalee die laaste die oggend van 30 Mei 2005 gesien het. Joran van der Sloot en sy twee beste vriende, die Kalpoe-broers, is menige male oor die jare in hegtenis geneem, ondervra en weer vrygelaat. Almal het verskillende weergawes gegee van wat gebeur het en elke persoon se getuienis het heeltyd verander.

Erken skuld, sê dan hy het gejok

Van der Sloot het twee maal skuld vir die moord op Natalie erken, maar elke keer sy getuienis teruggetrek of gesê hy het gejok.

Op ’n keer het hy gesê Natalee het inmekaargestort daardie aand en ’n vriend het hom gehelp om van die liggaam ontslae te raak. By ’n volgende geleentheid het hy gesê sy pa het Natalee se liggaam in sy agterplaas begrawe.

Dood verklaar

Geen leidrade het tot enige suksesvolle skuldigbevindings gelei nie en Natalie is uiteindelik op 12 Januarie 2012 as dood verklaar.

Van der Sloot is later in 2012 tot 28 jaar tronkstraf vir die moord op ’n ander vrou gevonnis.

Jy kan hier meer oor die storie lees.

LEES OOK: Een broer dood toe twee glo stoei

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *