Baba oorlede na toedien van laggas i.p.v. suurstof

Ander pogings soos KPR, lewensondersteuning en ’n adrenalieninspuiting het ook nie gewerk nie en die baba is kort na sy geboorte dood verklaar.

Baba dood na laggas in plaas van suurstof

Baba dood na laggas in plaas van suurstof

SYDNEY. – ‘n Ondersoek na die tragiese fout wat gelei het tot ‘n pasgebore baba se dood is tans aan die gang. Die baba is ’n uur na sy geboorte oorlede nadat medici glo per ongeluk vir hom laggas in plaas van suurstof gegee het in ’n poging om hom asem te laat haal.

LEES OOK: Een broer dood toe twee glo stoei

Pasgebore baba oorlede

Die tragedie het op 13 Julie 2016 in die operasiesaal in ’n hospitaal in Sydney afgespeel.

Die babaseuntjie se ma moes ’n noodkeiser ondergaan en nadat hy gebore is, het dokters opgemerk ’n deel van sy naelstring is om sy nek gedraai en hy het nie asem gehaal soos hy moes nie.

Dokters het toe ’n masker op die baba gesit om lug in sy longe te pomp, maar toe dit nie werk nie, het hulle glo die masker aan ’n gasleiding wat gemerk was “suurstof” gekoppel.

Tegniese fout

Ander pogings soos KPR, lewensondersteuning en ’n adrenalieninspuiting het ook nie gewerk nie en die baba is kort na sy geboorte dood verklaar.

Daar is later ontdek die gasleiding was nooit gevul met suurstof nie, maar weens ’n tegniese fout, met stikstofoksied gevul.

Nog ‘n baba oorlede

’n Ander baba het glo weke voor die babaseun se dood permanente breinskade opgedoen nadat sy per ongeluk in dieselfde operasiesaal laggas gekry het.

Die saak word vyf jaar later steeds ondersoek.

LEES OOK: Oud-polisieman in die sop na hy nefie in sy boud skiet

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected]

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *