Een broer dood toe twee glo stoei

Deel hierdie storie / Share this story

DELFT. – Een broer is dood toe twee broers glo Saterdag 3 Julie gestoei het. Dit word as ’n tragiese ongeluk beskryf, maar niemand is tans seker hoe die voorval plaasgevind het nie.

LEES OOK: Misdaad-joernalis in Amsterdam geskiet

Broer dood toe twee stoei

Volgens die Son het die voorval omstreeks 02:00 gebeur toe die twee broers, Leonard (34) en Gustav McCreel (29) in hulle ouerhuis se erf gestoei het.

Gustav is glo tydens die spelery met ’n mes gesteek. Sy liggaam is in die pad gevind.

Seun lê in pad

Die broers se pa, Eric, sê hy het die oggend iets gehoor en toe hy uitgaan, het Gustav in die pad gelê en Leonard was by hom. ’n Mes het ook in die pad gelê.

“Leonard het verskriklik gehuil en geskree ‘my broer, my broer”, het Eric aan die Son vertel.

Leonard is Sondag in hegtenis geneem en het reeds in die Bellville-hof verskyn.

Polisie ondersoek die voorval

Kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig en sê die saak word ondersoek.  

LEES OOK: Oud-polisieman in die sop na hy nefie in sy boud skiet

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.