KAAPSTAD. – Die bekende advokaat, Leon Nortier (59), se vrou het gister in die hof verskyn nadat Nortier Vrydagaand in sy huis in die bors geskiet is.
Mientel Nortier (60) is reeds Vrydagaand in hegtenis geneem en het Maandag in die landdroshof in Kaapstad verskyn
Advokaat se vrou verskyn dan weer
Die saak is tot vandag uitgestel. “Die saak is uitgestel sodat Mientel deur ‘n distrikgeneesheer gesien kan word. Sy sal daarna in die hospitaalafdeling van die Pollsmoor-tronk aangehou word,” sê Eric Ntabazalila, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag.
Nie veel oor die voorval self is bekend nie.
LEES OOK: Bekende advokaat geskiet, 60-jarige vrou verskyn in hof
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



