Bekende advokaat geskiet, 60-jarige vrou verskyn in hof

Deel hierdie storie / Share this story

KAAPSTAD. – ‘n Bekende advokaat, Leon Nortier (59), is die naweek dood nadat hy in sy huis in Tableview doodgeskiet is.

Alhoewel daar nie baie oor die voorval bekend is nie, sê die polisie die voorval het Vrydagaand om 20:55 gebeur. Volgens kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder, is ‘n 60-jarige vrou intussen in hegtenis geneem.

Medelye stroom in na bekende advokaat sterf

Die identiteit van die verdagte is nog nie bekend nie. Sy sal Maandag op aanklag van moord in die hof verskyn. Die polisie ondersoek tans die voorval.

Haar identiteit en of sy aan Nortier verbind is, sal bekendgemaak word sodra sy klaar verskyn het.

Medelye stroom intussen op Facebook in.

LEES OOK: Kleuter verdrink in bad toe ma vir oomblik uit badkamer gaan

LEES OOK: Pitbull val vrou aan wat met hond stap

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.