WALLIS. – Die tweejarige kleuter, Mia Olivia O’Sullivan, het nog een oomblik vrolik in die bad gesit en sing toe haar ma haar vir ‘n kort rukkie alleen gelos en sy onder die water verdwyn het.
Joely Eastham-Jones, die tweejarige se ma, het die middag vir haar kind ‘n bad getap. Na vyf minute vra sy vir Mia of sy wil uitklim. Mia het normaalweg haar arms opgesteek sodat haar ma haar kan uittel, maar sy het nie hierdie keer nie en het aangehou om met die borrels in die bad te speel.
Kleuter sit en speel in bad
Die ma het skielik besef daar is geen handdoek in die badkamer nie,. Die handdoeke was in daardie stadium saam met die ander wasgoed in haar kamer. Sy het vir Mia gesê sy gaan net gou vinnig vir haar ‘n handdoek haal.
Soos wat sy geloop het, het sy nog vir Mia hoor sing. Terwyl sy nie by Mia was nie het sy haar steeds op haar noem geroep om seker te maak alles is reg, Dit is toe sy ‘n harde geluid hoor. Die borsel waarmee Mia gespeel het, het teen die rand van die bad gekap. Joey het haar dadelik na die badkamer gehaas.
Dokter doen nadoodse ondersoek
In die bad het sy Mia met haar gesig na onder in die bad gevind. Sy het haar dadelik uitgetel en op die vloer neergesit. Na vier of vyf kompressies van KPR het die kind water opgegooi. Paramedici het opgedaag en daar is met haar na ‘n hospitaal gejaag.
Ondanks mediese hulp, insluitend suurstof en adrenalien, is Mia die volgende dag oorlede. Dokter Jo McPartland, ‘n pediatriese patoloog, het ‘n nadoodse ondersoek op Mia uitgevoer, wat bevind het dat daar erge skade aan die brein, niere en hart was. Die tipe skade gaan glo gepaard met mense wat verdrink. Die dokter het die voorval as ‘n ongeluk beskryf.
LEES OOK: Pitbull val vrou aan wat met hond stap
LEES OOK: Veloorplanting vir 7 maande oue baba na fratsongeluk met haardroër
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



