Altesaam 489 persone is reeds in hegtenis geneem in verband met die onluste en plundering wat tans in KwaZulu-Natal en Gauteng aan die gang is.
Volgens kol. Brenda Muridili, polisiewoordvoerder, is 166 van dié persone in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem en die ander 323 in Gauteng.
Die onluste het Vrydag uitgebreek ná oudpresident Jacob Zuma sy vonnis van 15 maande in die Estcourt-gevangenis in KwaZulu-Natal begin uitdien het.
Weermaglede is intussen ook deur president Cyril Ramaphosa ontplooi om die polisie by te staan in dié areas waar plunderaars winkels, vragmotors, winkelsentrums en fabrieke aan die vernietig is.
Verskeie videos is op sosiale media versprei van plunderaars wat in groot groepe met gesteelde goedere weghardloop of eiendom beskadig.
Volgens kol. Brenda Muridili het ‘n totaal van nege mense al weens die protesaksie omgekom. Die vier polisiebeamptes wat ook in die aksie beseer is, sterk goed aan.
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



