Oud-polisieman in die sop na hy nefie in sy boud skiet

Deel hierdie storie / Share this story

NAMIBIË. – ’n Oud-polisieman (61) het sy nefie in sy boud geskiet nadat ’n groep tieners in die straat naby sy huis sokker gespeel het.

LEES OOK: Eenjarige verdrink in emmer water terwyl ouers glo gaan drink

Oud-polisieman het nefie in boud geskiet

Die oud-polisieman het glo geïrriteerd geraak met ’n groep kinders in die straat naby sy huis op Omanyoshe, ’n dorpie in die Endola-omgewing in die Ohangwena-streek.

Pluk pistool uit

Die kinders het sokker gespeel en dit is toe dat hy glo sy pistool uitgepluk en in die rigting van die kinders geskiet het.

Abner Itumba, polisiewoordvoerder in Ohangwena, sê die verdagte het ’n 16-jarige seun in sy linkerboud geskiet toe hy sy vuurwapen in die rigting van kinders wat met ’n bal buite sy huis gespeel het, afgevuur het.

Verskyn vandag in hof

Die polisie het op die vuurwapen wat in die voorval gebruik is beslag gelê, terwyl die ondersoek voortgaan, het Itumba gesê.

Die verdagte verskyn vandag in die landdroshof in Ohangwena.

LEES OOK: Twee Saterdag by sportsentrum geskiet

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.