Rebel Wilson, die Australiese aktrise bekend vir haar rol as Fat Amy in Pitch Perfect, spog op haar Instagram-profiel met haar gewigsverlies.
Volgens Mirror het Wilson meer as 27 kg verloor. Sy het foto’s en ‘n video op haar Instagram-profiel gedeel waar sy besig is om aan ‘n dans te werk vir haar nuwe fliek genaamd Senior Year. In die foto’s en video dra Wilson ‘n wit-en-groen cheerleader-uitrusting.
Rebel is ‘n aktrise, komediant, skrywer, sangeres en vervaardiger. Sy het in 2003 aan die Australian Theatre for Young People gegradueer. Daarna het sy haar loopbaan afgeskop deur in die SBS-komediereeks Pizza te verskyn en later in die sketskomediereeks The Wedge.
Rebel spog met ‘n gewigsverlies van meer as 27 kg
Lees ook: Demi Lovato nie meer ‘sy’, maar ‘hulle’

Kliek hier om na die video te kyk.
So het Rebel gelyk het voor sy oor haar gewigsverlies kon spog.




