Kêrel neem glo video’s toe sy ‘dronk’ meisie verkrag word

Deel hierdie storie / Share this story

NAMIBIË. – Daar word beweer ‘n 28-jarige vrou is deur haar kêrel se vriend verkrag terwyl haar kêrel glo gekyk en video’s geneem het.

Die voorval het in Johannes Nakwafilastraat, Kuisebmond, Walvisbaai plaasgevind.

Kêrel neem glo video’s van voorval

Shikwambi Kauna, ‘n adjunk-kommissaris van die polisie, het aan The Namibian gesê die slagoffer was na bewering tydens die voorval bedwelm.

Daar word verder berig die slagoffer se kêrel (31), ‘n soldaat in die Namibiese weermag, en sy vriend (25) is albei in hegtenis geneem.

LEES OOK: Kleuter verdrink in bad toe ma vir oomblik uit badkamer gaan

LEES OOK: Pitbull val vrou aan wat met hond stap

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.