Twee Saterdag by sportsentrum geskiet

Deel hierdie storie / Share this story

OOS-KAAP. – Twee mans is Saterdag by ’n sportsentrum geskiet. Twee verdagtes is ook raakgeskiet en in hegtenis geneem terwyl ’n derde nog op vrye voet is.

LEES OOK: Byna 14 ure om Chris Watts se dogtertjies uit olietenks te verwyder

Twee by sportsentrum geskiet

Kapt. Nkosikho Mzuku, polisiewoordvoerder, sê  die polisie was besig om Saterdagaand omstreeks 20:30 patrollie te doen toe hulle geweerskote hoor.

“By hulle aankoms by die sentrum het hulle twee mans wat geskiet is, aangetref. Een was reeds oorlede en die ander een ernstig beseer. Altwee mans is vermoedelik in hulle dertigs”

Verdagtes daag op

Terwyl die polisie nog besig was op die toneel het drie verdagtes opgedaag en op die polisie begin skiet. Die polisie het teruggeskiet en twee van die mans getref. Die derde verdagte het van die toneel af gevlug en is steeds soek.

Die beseerdes is na ’n nabygeleë hospitaal geneem.

Die presiese omstandighede rondom die voorval is steeds onbekend. Die saak word ondersoek.

LEES OOK: Meisie (10) brand toe gasbottel by partytjie vlam vat

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.