COLORADO. – Chris Watts is ’n bekende naam vir die meeste mense. Daar is self ’n reeks op Netflix, America Murder: The family next door, oor Chris Watts en sy gesin gemaak. Chris het sy swanger vrou en twee dogtertjies in 2018 doodgemaak.
LEES OOK: Meisie (10) brand toe gasbottel by partytjie vlam vat
Chris Watts en Shan’ann sou ‘n seuntjie ryker word
Chris Watts (toe 33) en sy vrou, Shan’ann (34), het pas in 2018 uitgevind hulle verwag ’n boetie vir hulle twee dogtertjies, Bella (4) en Celeste (3).
Van buite af het hulle soos die perfekte gesin gelyk, maar nie lank nadat hulle van die swangerskap uitgevind het, het Chris ’n buite-egtelike verhouding met ’n ander vrou aangeknoop.
Moeilikheid in die huwelik
Shan’ann het begin vermoed daar is moeilikheid in die huwelik en het dit met haar vriende en familie gedeel, maar niemand kon eers begin om te dink dat die verhaal so wreed sou uitdraai nie.
Chris vermoor sy familie
Op 13 Augustus 2018 verwurg Chris vir Shan’ann in hulle familiehuis, waarna hy haar liggaam in ’n kombers toedraai, haar liggaam sowel as sy twee dogtertjies in sy voertuig laai en na ’n perseel waar hy gewerk het, ry.
Hy versmoor toe vir Celeste op die agtersitplek en sit haar liggaam in ’n olietenk. Hy doen dieselfde met Bella. Daarna begrawe hy Shan’ann se liggaam in die grond naby die perseel.
Chris Watts gaan dan voort met sy dag soos normaal en Shan’ann en die kinders word as vermis aangemeld. Chris erken later skuld op die moorde en verduidelik aan die polisie waar hy van die liggame ontslae geraak het.
Neem byna 14 ure om dogtertjies se liggame uit olietenk te verwyder
Die proses om die liggame op te spoor, begin op 16 Augustus 2018. Dit neem byna 14 ure vanaf 05:00 tot 18:45 om die dogtertjies se liggame uit die olietenk te verwyder.
Shan’ann se liggaam is ook by die perseel gevind.
Vyf keer lewenslank
Chris Watts word aangekla op nege klagtes waaronder drie vir moord, die onwettige beëindiging van ‘n swangerskap, plus drie aanklagte van peuter met ‘n liggaam.
Hy pleit in die hof skuldig op al nege aanklagte en word vyf keer lewenslank tronk toe gestuur sonder die moontlikheid van parool, waaronder 48 jaar vir die onwettige beëindiging van Shan’ann se swangerskap en 36 jaar vir die wegdoen met die lyke van sy familie opgelê.
LEES OOK: Vierdagwerksweek ’n reuse sukses



