10 boere van BSV – watter een het jou oog gevang?

Deel hierdie storie / Share this story

Suid-Afrikaners het gisteraand die 10 nuwe boere van die 14de seisoen van Boer Soek ‘n Vrou ontmoet. Die boere het hulle harte op televisie oopgemaak met die doel om liefde te vind.

Ontmoet die 10 boere:

  • Boer Nelis (32)

Boer Nelis het ‘n veeboeredery op Marina in Gauteng.

Foto: kykNET
  • Boer Johan (28)

Boer Johan is ‘n saai- en veeboer van Marquard in die Vrystaat.

Foto: kykNET
  • Boer Hannis (23)

Boer Hannis is ‘n saai-en veeboer van Brakfontein in KwaZulu-Natal. Hy is ook die seisoen se jongste boer.

Foto: kykNET
  • Boer Willem (37)

Boer Willem boer met skape en beeste op Philoppolis in die Vrystaat.

Foto: kykNET
  • Boer Tyson (33)

Boer Tyson, ‘n Engelsman, is ‘n saai- en beesboer van Bergville in KwaZulu-Natal.

Foto: kykNET
  • Boer Albertus (38)

Boer Albertus is ‘n skaapboer van Calvinia in die Noord-Kaap.

Foto: kykNET
  • Boer Gerhard (30)

Boer Gerhard boer met skape en wild in Beaufort-Wes in die Wes-Kaap.

Foto: kykNET
  • Boer Mary-Lou (53)

Boer Mary-Lou, die seisoen se vroulike boer, is ‘n wynboer in die Paarl in die Wes-Kaap.

Foto: kykNET
  • Boer Carel (29)

Boer Carel het ‘n gemengde- en saaiboerdery op Perdekop in Mpumalanga.

Foto: kykNET
  • Boer Petré (25)

Boer Petré het ‘n gemengde boerdery op Vierfontein in die Vrystaat.

Foto: kykNET

Die reeks sal vanaf Januarie 2022 uitgesaai word. Diegene wat dink hulle kan een van die 10 boere se harte wen, kan nou al briefies en pakkies instuur.

LEES OOK: Groot winkelsentrum in Pietermaritzburg brand

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.