Hoe voel jy oor ’n vierdagwerksweek? ’n Eksperiment van ’n vierdagwerksweek in Ysland het bewys dit maak mense gelukkiger, gesonder en meer produktief.
LEES OOK: Derde PUK-student in ongeluk oorlede
Vierdagwerksweek verminder werksure
Verenigde Koninkryk-gebaseerde think tank Autonomy en Iceland’s Association for Sustainability and Democracy(ALDA) het twee afsonderlike proewe wat werksure vanaf 40 ure per week tot 35 ure per week verminder tussen 2015 en 2019 uitgevoer,
Sedert die proewe het 86% van die hele werkende bevolking van Ysland na korter ure geskuif of die reg verkry om hul werksure te verkort. Dit vir dieselfde salaris. In Ysland is dit onwettig om meer as 13 uur per dag te werk.
Verbeter persoonlike lewe
Die doel van die eksperiment was om die balans tussen werk en persoonlike lewe te verbeter terwyl produktiwiteit gehandhaaf of verhoog word.
Uit die 2500 mense wat aan die ekspirement deelgeneem het, het almal gesê hulle is gelukkiger, gesonder en meer produktief. Dit het ook resepek in die werksplek verhoog.
Moontlik om minder te werk
“Ysland se korter werksweek vertel ons dat dit nie net in moderne tye moontlik is om minder te werk nie, maar dat progressiewe verandering ook moontlik is,” het Gudmundur Haraldsson, ’n navorser by ALDA, aan die BBC gesê.
LEES OOK: Vrou met hirsutisme hou op skeer
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



