Derde PUK-student in ongeluk oorlede

Deel hierdie storie / Share this story

POTCHEFSTROOM. – ’n Derde PUK-student is gister in ’n ongeluk oorlede. Kobus Reinecke (20), ‘n derdejaar- biochemie student aan Noordwes-universiteit se Potchefstroom-kampus is tydens die ongeluk oorlede.

LEES OOK: Vrou met hoekslyper stukkend gesny

Derde PUK-student sterf in ongeluk

Volgens Potchefstroom Herald het die ongeluk gistermiddag op die N12-hoofweg ongeveer 12 km buite Potchefstroom naby die Lekwena-ingang plaasgevind.

Twee ander studente oorlede

Dit is die derde PUK-student wat binne twee weke in ’n motorongeluk sterf. Twee ander studente, Johann (Bishops) Müller (20) en Vuyokaze Dlamini (19) is albei op 26 Junie 2021 oorlede nadat hulle in aparte ongelukke betrokke was. Altwee was ten tyde van die ongelukke op pad na hulle ouerhuise.

LEES OOK: Vrou met hirsutisme hou op skeer

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.