REGSTREEKS: Zuma vir 14 dae in isolasie

Deel hierdie storie / Share this story

Oudpresident Jacob Zuma sal vir 14 dae in isolasie wees in die Estcourt-gevangenis waar hy sy vonnis van 15 maande sal uitdien.

Ronald Lamola, minister van justisie en korrektiewe dienste, het op ‘n nuuskonferensie buite die gevangenis gesê Zuma sal vir 14 dae in isolasie geplaas word terwyl sy gesondheid gemonitor word.

“Ons kan bevestig dat voormalige president Jacob Zuma in die vroeë oggendure Donderdag by die fasiliteit ingeboek is as deel van die konstitusionele hof se bevel.”

Volgens Lamola kry Zuma ook nie voorkeurbehandeling nie. Lees ook: Zuma sal ‘dieselfde’ as ander gevangenes behandel word

“Julle kan my woord aanvaar dat hy hier aangehou word. Daar is geen rede om leuens daaroor te vertel nie. Dit hang van hom af of hy foto’s wil laat neem en dit uitstuur. Van ons kant af kan ons net mondelings bevestig dat hy hier is.”

Verder het Lamola gesê dat hy Zuma vandag gesien het en dat sy gemoedstoestand goed is. Hy is homself en het gelag en sy ontbyt geëet.”- eNCA

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.