DURBAN. – ’n Hoekslyper (angle grinder) is na bewering gebruik om ’n vrou (46) se liggaam stukkend te sny. Sy is glo oor die naweek voor haar kinders stukkend gesny.
LEES OOK: Een dood, een kritiek na skietery in Kaapstad
Gebruik hoekslyper om liggaam stukkend te sny
Philisiwe Mvubu se geskende liggaam is deur haar nefie in ’n plas bloed gevind.
Kapt. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder, het die moord bevestig en gesê Mvubu is na bewering tydens ’n geskil deur iemand wat sy ken vermoor.
“Sy het verskeie steekwonde gehad en is op die toneel dood verklaar.”
Gelos om te sterf
Daar word vermoed die verdagte het ’n hoekslyper gebruik om die slagoffer in stukke te sny en haar in die geslote huis gelos om te sterf.
LEES OOK: Onthou om vervalde lisensies te hernu
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



