KAAPSTAD. – Een persoon is dood en ’n ander kritiek na ’n skietery Woensdag 7 Julie 2021 in Silversandsweg in Delft, Kaapstad.
LEES OOK: Britney Spears besluit om af te tree
Netcare uitgeroep na skietery in Kaapstad
Shawn Herbst, woordvoerder vir Netcare 911, sê Netcare het omstreeks 15:57 gereageer op ’n skietery in Delft.
By ondersoek het paramedici gesien altwee mans het skietwonde aan hulle koppe opgedoen. Een persoon, ’n 16-jarige, se beserings was noodlottig en hy is op die toneel dood verklaar.
Kritiek beseer
Die tweede persoon het kritieke beserings opgedoen en is op die toneel behandel en gestabiliseer voordat hy per ambulans na die hospitaal vir verdere sorg vervoer is.
Die omstandighede rondom die voorval is nie bekend nie en sal deur die betrokke owerhede ondersoek word.
LEES OOK: Onthou om vervalde lisensies te hernu
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



