WES-KAAP. – ‘n Konstruksiewerker is ernstig beseer tydens ‘n skietery gistermiddag op ‘n konstruksieterrein in Mitchells Plain.
Shaun Herbst, woordvoerder van Netcare911, sê verslae dui aan dat ‘n volwasse man een keer in die boonste deel van sy buik geskiet is. Daar word geglo die man het tydens sy middagete in die kajuit ‘van n konstruksiemasjien gesit toe die voorval plaasgevind het.
Konstruksiewerker met ambulans vervoer
Die man, wat ernstige beserings opgedoen het, is deur Netcare 911 op die toneel behandel en gestabiliseer.
Vanweë die beserings van die pasiënt is ‘n helikopter-ambulans van Netcare 911 ontbied om hom na ‘n hospitaal te vervoer.
LEES OOK: Fetus en plasenta in stroom in Alberton gevind
LEES OOK: VIDEO: Vyf vas na man in parkeerarea geskop, geslaan word
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



