Fetus en plasenta in stroom in Alberton gevind

Deel hierdie storie / Share this story

GAUTENG. – Lede van die publiek het Netcare911 in kennis gestel nadat hulle vandag ‘n fetus in ‘n rivier in Alberton gevind het.

Shaun Herbst, woordvoerder van Netcare911, sê toe medici op die toneel aankom, het hulle ‘n volledig ontwikkelde fetus gevind saam met ‘n plasenta aan die oewer van ‘n stroom. Die stroom is op die hoek van Alwyn Taljaard- en Du Plessisweg in Alberton.

Fetus gevind

Die fetus is ondersoek, maar het geen teken van lewe gewys nie en is op die toneel dood verklaar. Dit is nie duidelik hoe lank die fetus daar gelê het nie.

Die Alberton-polisie was op die toneel en sal ondersoek instel.

LEES OOK: VIDEO: Vyf vas na man in parkeerarea geskop, geslaan word

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.