GAUTENG. – Die ondersoek duur steeds voort nadat Shane Jordaan (30) se liggaam op 3 Julie gevind is. Shane, verstandelik gestrem, was amper ‘n maand vermis.
“Ons as die Jordaan-familie wil ons dank uitspreek teenoor elke persoon wat gehelp het met die soeke na Shane Jordaan en gehelp het om die inligting wyd en syd te deel. Die ondersoek na wat presies met Shane gebeur het, duur voort,” skryf Christan Jordaan, Shane se suster, op sy Facebook-blad.
“Ons as gesin sal voortgaan om nou saam met die polisie en met niemand anders saam te werk nie. As ons dit op ‘n stadium nodig sou vind om ‘n woordvoerder vir die gesin aan te stel, sal ons dit doen. Ons vra met eerbied dat almal ons die tyd en die ruimte gee om alles wat gebeur het, te verwerk en om voort te gaan om instruksies van die polisie te neem. Indien ons enige verdere inligting of hulp benodig, sal ons die nodige individue kontak. Bly veilig en weereens dankie vir al julle ondersteuning en hulp.”
Jordaan is laas op 4 Junie gesien. Hy het op Elandshoek gebly en daar word vermoed hy het die plek waar hy woon, te voet verlaat. Sy liggaam is 3 Julie langs die ou Cullinan-pad, die R513, gevind is.
LEES OOK: Shane Jordaan se liggaam vandag gevind, soektog afgelas
LEES OOK: Shane Jordaan se liggaam vandag gevind, soektog afgelas



