Kleuter (14 maande) in swembad van kompleks gevind

Deel hierdie storie / Share this story

KWAZULU-NATAL. – Netcare 911 is vandag ontbied nadat ‘n 14 maande oue kleuter na bewering in die swembad van ‘n woonstelkompleks in Pennington verdrink het.

Shaun Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê verslae dui aan dat die kleuter deur ‘n familielid in die swembad gevind is. Inwoners het Netcare 911 sowel as NSRI Shelly Beach oor die voorval ingelig wat na die toneel gegaan het om te help

“Met die paramedici se aankoms is gevind dat die kleuter nie reageer nie en ook nie asemhaal nie. Dit is nie bekend hoe lank die kind onder die water was nie.”

Volledige gevorderde resussitasie vir lewensondersteuning is op die kleuter uitgeoefen, maar die kind se toestand het vinnig agteruitgegaan. Die kleuter is op die toneel dood verklaar.

LEES OOK: Hospitaal op soek na familie van pasiënt

LEES OOK: Hoogs aansteeklike Delta-variant in rioolwater gevind

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.