Hoogs aansteeklike Delta-variant in rioolwater gevind

Deel hierdie storie / Share this story

KAAPSTAD. – Die hoogs aansteeklike Covid-19-variant, Delta, is in rioolwater van verskeie dorpe in die Wes-Kaap, hoofsaaklik Kaapstad, gevind.

Biomediese navorsers van die Suid-Afrikaanse Raad vir Mediese Navorsing (MNR) het afvalwatermonsters van verskillende dorpe in die provinsie ontleed en die teenwoordigheid van die variant gevind. Monsters van 24 afvalwaterpersele in die Kaapstadse metropool en vier in die Breedevallei en Theewaterskloof is getoets.

Die Delta-variant is hoofsaaklik verantwoordelik vir die vinnige toename in nuwe koronavirusgevalle wat nou aangeteken word.

Hoogs aansteeklike Delta-variant

Dokter Rabia Johnson, van MNR, het gesê die meeste afvalwaterpersele het die aanwesigheid van die Delta-variant getoon. Johnson së verder hy was nogal verbaas toe hulle agterkom dat die Delta-variant die dominante stam in die meeste van hulle afvalwaterplase was.

“Wat ons bekommer, is hoe lank die virus in die water bly en of dit in die waterstelsel opgeneem en uiteindelik in ons landbouprodukte teenwoordig sal wees,” sê mnr. Henry Geldenhuys, die president van TLU Suid-Afrika, landbou organisasie, in ‘n verklaring gesê.

TLU SA doen dus ‘n dringende beroep op die regering en veral die departement van huisvesting, water en sanitasie om “ag te slaan op hierdie toetse en spoedeisend met ‘n werkbare oplossing vorendag te kom”.

LEES OOK: Lambda-variant: hoe vergelyk dit met die Delta-variant?

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.