Oudpresident Jacob Zuma het Woensdagaand geskiedenis gemaak as die eerste voormalige president van Suid-Afrika wat vir minagting van die hof opgesluit is.
Dit volg na hy Woensdagaand kort voor middernag besluit het om hom aan die gereg oor te gee.
Zuma sal die volgende 450 dae in die Estcourt-gevangenis deurbring.
Die konstitusionele hof het Zuma tot 15 maande tronkstraf gevonnis vir minagting van die hof. Die konstitusionele hof het Zuma vyf dae gegee om hom aan die polisie te oorhandig en indien hy dit nie sou doen nie, het die polisie drie dae gehad om hom in hegtenis te neem.
Duduzile Zuma het in ‘n twiet gesê sy het met haar pa gepraat toe hy op pad was na sy bestemming en dat sy gemoed nog “hoog” was.
“Hy sê hulle hoop hulle het steeds dieselfde oorpakke van Robbeneiland en ons het gelag oor hy ten minste nie dié keer met sy Afrikaans sal sukkel nie. Ons salueer ons pa. Amandla.” Lees meer hier.
Verskeie buitelandse media het ook berig oor sy inhegtenisname.
Lees ook: Zuma sal ‘dieselfde’ behandel word as ander gevangenes
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



