Zuma se eerste nag agter tralies

Deel hierdie storie / Share this story

Oudpresident Jacob Zuma het amptelik sy eerste nag agter tralies deurgebring. Hy het hom kort voor middernag aan die gereg oorhandig om sy tronkstraf van 15 maande te begin uitdien.

Duduzile Zuma, die oudpresident se dogter, en die Jacob G. Zuma-stigting het via Twitter bevestig Zuma het besluit om hom oor te gee.

‘n Verklaring van die departement van korrektiewe dienste het Donderdagoggend bevestig hy is nou ‘n gevangene by die Estcourt-gevangenis in KwaZulu-Natal.

In dié verklaring word dit ook duidelik gestel dat Zuma aan die voorgeskrewe regulasies onderwerp word en dat hy die nodige prosedures sal ondergaan.”

Lees ook: Zuma sal ‘dieselfde’ behandel word as die ander gevangenes

Daar was Woensdagaand ‘n swaar polisieteenwoordigheid in Nkandla by die oudpresident se woning. Edward Zuma, Zuma se seun, en Zuma-ondersteuners het voor die Nkandla-ingang gesing en gedans en in ‘n stadium ‘n ambulans wat wou binnekom, gekeer.

Duduzile het in ‘n twiet gesê sy het met haar pa gepraat toe hy op pad was na sy bestemming en dat sy gemoedere nog “hoog” was.

“Hy sê hulle hoop hulle het steeds dieselfde oorpakke van Robbeneiland en ons het gelag oor hy ten minste nie dié keer met sy Afrikaans sal sukkel nie. Ons salueer ons pa. Amandla.”

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.