FLORIDA. – Hirsutisme – het jy al daarvan gehoor? Nellie-Jean Robinson (35), ’n finansiële ontleder van Orlando, sukkel al jare met hirsutisme. Hirsutisme is ’n hormonale wanbalans wat oormatige haargroei veroorsaak. Na jare wat sy obsessief geskeer het om van die hare ontslae te raak, het sy nou besluit om op te hou en haar ware self te wees.
LEES OOK: Tiener krap glo hotelwerker se oë tydens vakansie uit
Hirsutisme al van skool af
Robinson vertel sy het al op skool begin vermoed sy het hirsutisme, maar is eers in haar middel-twintigs daarmee gediagnoseer.
Dit was moeilik vir haar om met die toestand saam te leef en dit het haar sosiale lewe negatief beïnvloed. Dit is hoekom sy elke dag obsessief geskeer het en elke dag grimering gedra het om beter oor haarself te voel.
“Ek het baie jare lank gehaat hoe ek gelyk het. Ek het voortdurend probeer om dit weg te steek en het net gemaklik gevoel om saans uit te gaan. Ek sou nooit strand toe gaan nie.
“Dit was ook moeilik om vriendskappe en romantiese verhoudings aan te knoop. Dit was vir my bitter moeilik om liggaamlik, intiem en romanties by mans betrokke te raak.”
Hou op skeer
Robinson het besluit om op te hou skeer sodat sy eerder die oortollige hare kan waks.
“Dit was moeilik om die besluit te maak, want dit sou beteken ek sou die hare vir weke moes laat uitgroei.
“Toe dit begin uitgroei, het ek opgelet dit lyk nie so erg nie. Ek was nie meer so vreesbevange soos wat ek altyd was nie.
Sy het besluit om haar ervaring op sosiale media te deel in die hoop om ander vroue wat met dieselfde probleem sukkel, te inspireer.
Begin waks
Na weke se groei het Robinson uiteindelik die hare met waks verwyder. Sy is baie tevrede met die resultate en het haar ervaring en resultate ook op sosiale media gedeel.

LEES OOK: Vrou met hoekslyper stukkend gesny



