September 24, 2021

Tiener krap glo hotelwerker se oë tydens vakansie uit

Die insident het omstreeks middernag gebeur en die polisie is ontbied. Die polisie, wat omstreeks 01:00 opgedaag het, moes die tiener inspuit om hom te laat kalmeer nadat hy ’n beampte se dienswapen probeer gryp het.

Tiener krap glo hotelwerker se oë tydens vakansie uit

Tiener krap glo hotelwerker se oë tydens vakansie uit Foto: The Mirror

Spanje. – ’n Tiener het glo ’n hotelwerker se oë uitgekrap. Die tiener (17), wat saam met sy familie met vakansie was, het ook glo sy ma, sy ma se vriendin en ’n toeris tydens die insident beseer. Hy het ook glo ’n polisieman se wapen probeer gryp toe hulle hom onder bedwang wou bring.

LEES OOK: Vrou met hoekslyper stukkend gesny

Tiener het glo die hotelwerker se oë uitgekrap

Die seun het glo die nagportier van die Estival El Dorado-hotel in Cambrils, Costa Dorada, Spanje, aangeval en sy oë uitgekrap nadat hy vir hulp geroep is. Die seun se ma het die nagportier vir hulp gebel nadat haar seun haar na bewering aangeval het.

’n Toeris is ook glo tydens die insident beseer toe hy die seun glo probeer in toom hou het, sowel as die ma se vriendin.

Polisie ontbied

Die insident het omstreeks middernag gebeur en die polisie is ontbied. Die polisie, wat omstreeks 01:00 opgedaag het, moes die tiener inspuit om hom te laat kalmeer nadat hy ’n beampte se dienswapen probeer gryp het.

Nagportier in ernstige toestand

Die nagportier (62), wat nie geïdentifiseer is nie, is na ‘n naby geleë hospitaal gehaas waar sy toestand as ernstig beskou word.

Buiten die beserings aan sy oë, het hy ook ander wonde aan sy gesig en liggaam opgedoen toe hy herhaaldelik geskop en geslaan is.

Tiener glo psigoties

Die tiener, wat vir poging tot moord aangehou word, is na die hospitaal geneem sodat hy toetse kan ondergaan en sal in die polisie se aanhouding bly hangende ’n verslag deur die jeugaanklaers.

Daar word vermoed hy het ’n psigotiese episode gehad en bronne sê hy was die afgelope jaar by vorige voorvalle betrokke.

LEES OOK: Een dood, een kritiek na skietery in Kaapstad

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected]

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *