Hawelose man kry baba in asblik

Deel hierdie storie / Share this story

DURBAN. – ‘n Hawelose man het Sondagoggend ‘n baba in ‘n asblik in die South Beach-omgewing ontdek toe hy in rommel gegrawe het.

Hawelose man vind babadogtertjie

Paramedici van Emer-G-Med is ontbied om die Durbanse metropolisiediens by te staan nadat die baba ontdek is. Paramedici het op die toneel opgedaag en het ‘n babadogtertjie, asook haar naelstring en plasenta gevind.

Die baba is op die toneel behandel en gestabiliseer voordat sy na ‘n nabygeleë hospitaal vir verdere sorg geneem is. Sy is tans in ‘n stabiele toestand.

Die polisie is besig om die voorval te ondersoek.

LEES OOK: Kleuter verdrink in bad toe ma vir oomblik uit badkamer gaan

LEES OOK: Pitbull val vrou aan wat met hond stap

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.