Meisie (10) brand toe gasbottel by partytjie vlam vat

Deel hierdie storie / Share this story

ARIZONA. – ’n Meisie (10) het gebrand toe ’n gasbottel by ’n swembadpartytjie vlam gevat het. Die gasbottel is vir die braai gebruik.

Isla Cook het tydens die insident derdegraadse brandwonde op 45% van haar liggaam opgedoen.

LEES OOK: Vierdagwerksweek ’n reuse sukses

Meisie brand as gevolg van ‘n lekkende gasbottel by partytjie

Die familie het op 6 Junie 2021 ’n swembadpartytjie gehou en ’n gasbottel is vir die braai gebruik. In ’n stadium het die gasbottel, sonder enigiemand se wete, begin lek. Toe die gasbottel vlam vat, was Isla te naby en het aan die brand geslaan.

Isla is onmiddellik na die hospitaal gehaas waarna sy na die brandeenheid oorgeskuif is.

Ouers is geskok

Isla se ma, Alyssa Cook, het aan iHeartIntelligence gesê sy kan nie glo hoe vinnig iets gebeur en mens se hele lewe verander nie.

Isla se pa, Justin Cook sê om sy dogter te sien brand, was die ergste ding wat hy nog ooit in sy lewe ervaar het.

Herstel kan nog maande neem

Sedert die insident het Isla twee operasies ondergaan en sal volgens dokters nog ’n maand in die hospitaal moet bly, voordat sy sal kan huis toe gaan.

LEES OOK: Vrou met hirsutisme hou op skeer

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.