NAMIBIË. – ’n Eenjarige het in emmer water verdrink. Die baba is glo Woensdag deur die ouers by sy vier- en vyfjarige sibbe gelos terwyl hulle na ’n winkel toe is.
LEES OOK: Twee Saterdag by sportsentrum geskiet
Eenjarige verdrink terwyl ouers glo gaan drink
Adj.-kom. Moses Simaho van die polisie sê die ouers van die baba het hom by die huis gelos terwyl hulle by ’n nabygeleë cucu-winkel gaan drink het.
“Daar het ’n emmer met water rondgestaan. Die baba het verdrink terwyl die sibbe gespeel het. Die ouers het eers besef die baba het verdrink toe hulle tuiskom.”
Geen verdere inligting
Die insident het op die Etunda-dorpie in die Omusati-streek plaasgevind.
Geen verdere inligting is in hierdie stadium beskikbaar nie.
LEES OOK: Meisie (10) brand toe gasbottel by partytjie vlam vat
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



