August 1, 2021

Student en ouma sterf weke uit mekaar

Ludwig sê sy broer het met ’n Nissan 200-bakkie onder ’n houttrok ingery.

Student en ouma sterf weke uitmekaar

Student en ouma sterf weke uitmekaar Foto: Potchefstroom Herald

POTCHEFSTROOM. – ‘n Student en sy ouma het weke uit mekaar gesterf. Kobus Reinecke (20), ’n derdejaar NWU plantkunde -en biochemiestudent, wat op Woensdag 7 Julie 2021 in ‘n ongeluk dood is, se ouma is presies drie weke voor hom aan Covid-19 oorlede.

LEES OOK: Onopgeloste saak: Natalee Holloway

Skok na student en ouma sterf

Volgens familie van Kobus was Kobus se pa, Hannes Reinecke, besig om ’n vlug vir hom te reël om terug te keer vanaf Malawi, om sy ma te kom begrawe, toe hy die slegte nuus van sy seun ontvang het.

Ry onder trok in

Die Reinecke-gesin is geruk en Ludwig, Kobus se broer, het aan Potchefstroom Herald vertel hy het nog die middag met Kobus oor die foon gesels. Ludwig sê sy broer het met ’n Nissan 200-bakkie onder ’n houttrok ingery. 

Band dalk gebars

Ludwig het met die trokbestuurder gesels. Na die gesprek vermoed die familie die bakkie se band het dalk gebars.

Kobus se ma, Heila, en sy broer Ludwig sê hulle gaan hom mis. Hy was intelligent en het ’n enorme passie vir eksotiese plante gehad.

Geen begrafnisreëlings sover

Geen begrafnisreëlings is sover getref nie, maar die familie ontvang baie ondersteuning vanaf ander familie en vriende.

LEES OOK: Baba oorlede na toedien van laggas i.p.v. suurstof

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected]

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *