‘Ek gaan jou foon terugkry Meneer’

Hy het toe vir West gesê hy het haar verloofde se foon teruggekry.

‘Ek gaan jou foon terugkry Meneer’

‘Ek gaan jou foon terugkry Meneer’ Foto: Verskaf

KIMBERLEY. – “Ek gaan jou foon terugkry Meneer.” Dit was die woorde van Johannes November aan Pieter Myburgh nadat sy foon voor ’n sentrum uit sy bakkie gesteel is. En dit is presies net wat hy gedoen het.

LEES OOK: Onopgeloste saak: Natalee Holloway

Foon uit bakkie gesteel

Pieter Myburgh (31) het Woensdag 30 Junie 2021 sy verloofde, Landi West, na ’n tandartsafspraak by Belmed- mediese sentrum in Homestead geneem. Toe hy by die sentrum uitkom, het hy gesien een van sy bakkie se ruite is uitgeslaan en sy selfoon is gesteel.

Volgens Myburgh het karwagte nie veel gesien nie en die polisie is ontbied, maar het nooit opgedaag nie. Polisievoertuie wat die sentrum besoek het, is ook voorgekeer, sonder enige sukses.

Dit is toe wat November (48) sy hulp aangebied het. Na beeldmateriaal nie veel gehelp het nie en die foon se opsporingstelsel nie die foon kon opspoor nie, het November vir Pieter belowe hy sal die foon terugkry.

Foon teruggekry

Slegs nege dae later het November met West kontak gemaak om seker te maak watter soort foon dit was. Hy het toe vir West gesê hy het haar verloofde se foon teruggekry.

Op Sondag 11 Julie 2021 het hulle vir November by die New Park-sentrum gekry waar hy die foon oorhandig het. Myburgh het toe vir November ’n beloning gegee vir sy moeite.

Kimberley kort meer mense soos Johannes

Johannes November het as jong man vanaf Warrenton na Kimberley vir ’n beter toekoms verhuis.  Hy werk al vanaf 2000 by die Community Police Forum (CPF).

November sê hy het ’n passie om misdaad te beveg.

“Ek doen dit, want ek help baie mense. Nie net die mense wat hier parkeer nie, maar ook die winkels hier rond as hulle my hulp nodig het. Shoprite, Clicks en die mediese sentrum het ek al baie gehelp. Die jonges wat so steel, steel vir dwelms en gom, nie om hul lewens beter te maak nie.”

Vertrou op God

Verder sê November hy is nie bang vir skelms nie, hy vertrou net op God.

’n Mens kan hoor hierdie is ’n man met ’n hart van goud. ’n Man wat vir seker weet waar sy prioriteite lê.

Suid-Afrika kort meer Johannes Novembers.

Myburgh se bakkie na die voorval.

LEES OOK: Baba oorlede na toedien van laggas i.p.v. suurstof

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *