Hoe om ’n brand op jou stoof te blus

Skakel die stoof af.

Hoe om ’n brand op jou stoof te blus

Hoe om ’n brand op jou stoof te blus

Weet jy hoe om ‘n brand te blus? As ma’s is ons dikwels so besig en uitgeput dat dit so maklik is om dinge te vergeet. Baie mammas en vroue het al vergeet om die stoof af te sit of vergeet dat hulle selfs besig was om aandete te maak. Dit kan met enigiemand gebeur, maar die sleutel is om te weet hoe om ’n brand te blus wat voortspruit uit ’n kastrol wat op die stoof vergeet is.

LEES OOK: Onopgeloste saak: Natalee Holloway

Hier is ’n paar wenke:

  • Bedek die vlamme met ’n metaaldeksel. Los die deksel op totdat dit afgekoel het.
  • Skakel die stoof af.
  • As die brand klein en hanteerbaar is, gooi koeksoda of sout daarop om die vlamme te smoor.
  • Moenie probeer om die kastrol of pan na buite te dra nie.
  • Moenie meel, bakpoeier of ander produkte gebruik wat lyk soos koeksoda nie. Hulle het ’n ander chemiese samestelling en reageer nie dieselfde nie. Dit sal die brand vererger.

Wat om te doen as jy nie die brand kan blus nie:

  • GAAN UIT! Jy en jou familielede moet so gou as moontlik uit die huis kom om wonde of lewensverlies te voorkom. Moenie probeer om ’n held te wees nie.
  • Bel die brandweer sodra jy op ’n veilige afstand van die brand is.
  • Moenie weer by jou huis ingaan voordat die brandweermanne die brand in bedwang het nie.

LEES OOK: Baba oorlede na toedien van laggas i.p.v. suurstof

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected]

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *