August 1, 2021

Pasgebore baba naby skool gelos

“Ons glo die babadogtertjie is slegs ’n dag voordat sy ontdek is, gebore.”

Pasgebore baba naby skool gelos

Pasgebore baba naby skool gelos Foto: Knitting Bee

NAMIBIË. – ’n Pasgebore baba is verlate naby ’n skool gelos. Die polisie in die Ohangwena-streek versoek nou die gemeenskap se hulp om die ma van die babadogtertjie op te spoor.

LEES OOK: KYK!: Hartroerende foto’s van mense wat uit brandende gebou gered word

Pasgebore baba in oop gebied gelos

Abner Litumba, polisiewoordvoerder van Ohangwena, het aan The Namibian gesê die pasgebore baba is in ’n oop gebied naby die Erkki Nghimtina-skool in Enghandja ontdek.

“Ons glo die babadogtertjie is slegs ’n dag voordat sy ontdek is, gebore. Sy was net in ’n trui toegedraai en is gelukkig lewend gevind.”

Baba in goeie toestand

Die baba is na die Engela-hospitaal geneem waarna ’n ondersoek aangedui het sy is in ’n goeie toestand.

Die polisie doen egter nou ’n beroep op gemeenskapslede in die streek en nabygeleë dorpe om aan die polisie te rapporteer indien hulle weet van iemand wat swanger was en sonder die swangerskap of ’n baba teruggekeer het huis toe.

LEES OOK: Ouers los opstandige tiener op verlate eiland om haar ’n les te leer

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected]

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *