As gevolg van die Covid-19-pandemie is ons geforseer om elke keer wanneer ons ‘n voet by die deur uit sit, ‘n masker aan te sit. Die masker veroorsaak dat baie mense met aknee sukkel. ‘n Term “masknee” word nou gebruik om dit te benoem. FiND iT-lesers deel hul opinie oor die saak en gee ook ‘n paar wenke om dit te voorkom.
Mariska Marx sê sy gebruik Dove-seep om haar gesig te was en smeer dan kamilleroom (camomile cream) aan en los dit deur die nag. Dit werk wonders vir haar.
“Ek sukkel regtig erg met ekseem in my gesig. My huisdokter het my aangeraai om so min as moontlik ‘n masker te dra. Ek kan byna niks aan my gesig smeer nie, want alles maak die ekseem net erger,” sê Nita Moss.
Sumari Nel sê die maskers maak mens mal, maar dis definitief vir ons eie veiligheid. “Dis belangrik om gereeld jou masker te was, of te vervang.”
Teeboomolie beveg bakterieë en voorkom masknee
Marisca van Wyk sê sy beveg die bakterieë in haar masker deur drie druppels tea tree olie in haar masker te gooi en smeer dit sommer aan haar gesig ook. Jeanete Walker herrinner egter dat teeboomolie baie giftig is vir diere.
Klarisa Kruger Steenkamp en Zabette Nel sê Benzac se produkte werk weer goed vir hul velle. Terwyl Chantal Saayman sê sy smeer net gewone aqueous-room aan.
Jody Hendriks het weer glad nie ‘n masknee-probleem nie en sê die masker trek net die ore.
“Julle gaan lag… vaginale salf sorteer dit gou uit, seker kortisoon in die salf,” sê Peet Kruger
Lees ook: Verpleegsters sê glo ma is mal na pasgeborene op vloer val



