Ben Kruger oorlede aan Covid-19

Deel hierdie storie / Share this story


PRETORIA.-Ben Kruger, die geliefde Suid-Afrikaanse akteur, is aan Covid-19 oorlede.

Toks van der Linde, voormalige Springbok-rugbyspeler, het die hartseer nuus in ‘n Facebook-plasing bevestig. Ben Kruger (64), die akteur wat bekend is vir sy rol in Binnelanders as Ockie, is Dinsdagaand aan Covid-19 oorlede.

Foto: Facebook

Medelye op Facebook stroom in vir Ben Kruger se familie en vriende.

Freda Visser skryf: “Hy was soos deel van die familie, hy was elke aand in ons sitkamers as deel van Binnelanders. Hy bly een van my gunstelingakteurs. Dit was nou ‘n geweldige groot skok. Alhoewel ons net sy akteurkant geken het, is dit steeds nie baie lekker nie. Sterkte aan sy familie.”

Denver S. Vraagom, bekend vir sy rol wat hy destyd in 7de Laan gespeel het, het in ‘n plasing geskryf: “Jy het my jou seun genoem. RIV Pappa. RIV Ben Kruger.”

Ben Kruger is bekend vir baie rolle wat hy in die Suid-Afrikaanse films en sepies gespeel het. Hy het in flieks soos Poena is koning en Karate Kallie gespeel. Verder was hy ook deel van sepies soos Binnelanders, Moegeploeg en Die Uwe Pottie Potgieter.

“Sterkte aan familie en vriende. Jammer ou Ben, dat jy ons nou moes groet. Jy was ‘n legende. Jy het diep spore getrap. Totsiens en vaarwel,” sê Coreen Kruger.

Lees ook: Man in hof wat glo vriendin uitbrand