NELSPRUIT. – ’n Man (35) verskyn vandag in die hof nadat hy glo sy vriendin (23) op 24 Mei 2021 laat doodbrand het.
LEES OOK: Vermiste man dood in dinosourusbeeld aangetref
Brig. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder, sê die verdagte is laas saam met sy vriendin in ’n plakkershut gesien, maar sy familielede was geskok toe hulle besef dat dieselfde hut waarin hulle twee was, brand.
Polisie vermoed vuilspel
“Die verdagte het met brandwonde ontsnap, maar het sy vriendin agtergelaat. Sy is deur nooddienste op die toneel dood verklaar.”
Die polisie het vuilspel vermoed en die verdagte is in hegtenis geneem. Hy is tans onder polisiebewaking in die hospitaal.
Die verdagte sal vandag in absentia in die landdroshof op Standerton verskyn.
LEES OOK: Veiligheidswenke vir die winter
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



