AMERIKA. – Die polisie het ‘n lasbrief vir die arrestasie van Marilyn Manson uitgereik in verband met aanrandingklagtes.
Manson (52) word van twee aanrandings van n videograaf by ‘n konsert in 2019 aangekla.
In ‘n verklaring wat die polisie uitgereik het, sê hulle Manson en sy agente weet al ‘n geruime tyd van die lasbrief, maar hy het steeds nie daarop geantwoord nie.
Lees ook: Rhenish-matriekleerling neem eie lewe
Die verklaring van die Gilford-polisie sê elkeen van die klagtes sluit in minder as ‘n jaar in die tronk en ‘n boete van ongeveer $2 000.
Manson, wie se regte naam Brian Hugh Warner is, het tot dusver nog geen kommentaar gelewer nie.
Lees ook: Vrou klim Everest… Sonder bene
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



