Vrou klim Everest… sonder bene

Deel hierdie storie / Share this story

NUR-SULTAN. – Mariya Auezova, ‘n inwoner van Nur-Sultan, het tot by die Chomolungma-basiskamp van Everest geklim en die eerste vrou geword wat dít kon regkry… sonder bene.

Auezova het op haar Instagram-profiel dié wonderlike nuus gedeel. Die ekspedisie om die hoogte van 5,643 m te klim, het 10 dae gevat en die voorbereiding daarvoor meer as een en ‘n halwe jaar.

“Dit was ‘n baie moeilike pad. Pyn, sweet, niere wat byna ingegee het en die koue wat elke sentimeter van my lyf deurdring het. Maar al die pyn het in oorwinning geëindig!”

Muhtar Auezov, Auezova se man, het haar op haar tog op die berg vergesel. Hy sê elke bietjie onsekerheid en vrees wat daar nog was, is dadelik weg toe dit na die eerste paar dae duidelik geword het dat sy in staat is om tot op die piek te klim.

“Ons het baie mense op die pad van verskillende lande af ontmoet, en hulle het ons verbaas gevra waarvandaan ons kom. Ons het trots geantwoord: ‘Kazakhstan!'”

Auezova het haar bene ses jaar gelede as gevolg van ‘n vaskulêre infeksie verloor.

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.