Aanhangers was geskok toe die bekende werklikheidster en sanger ‘n foto van haarself op haar Instagram-blad plaas. Baie moes twee keer kyk om haar te herken. Weet jy wie hierdie is?
Kelly Osbourne (36), die dogter van Ozzy en Sharon Osbourne, het die afgelope paar maande ‘n metamorfose ondergaan, nadat sy ongeveer 40 kg verloor het. Sy het glo ‘n gewigsverliesoperasie in die geheim ondergaan.
Kelly erken nou dat sy twee jaar gelede die gewigsverliesoperasie ondergaan het. Sy verduidelik die operasie het die vorm van haar maag verander. Sy sê verder sy sal nie jok oor wat sy laat doen het nie en is glad nie spyt oor haar besluit nie.
Sy verduidelik en sê saam met die operasie moes sy steeds reg eet en oefen. “Al wat die operasie doen, is om jou in die regte rigting te stuur.”
Aanhangers van Kelly was geskok sy die foto van haar met ligte pers hare op haar Instagram-blad geplaas het. Baie erken hulle het haar glad nie herken nie.
“Jy is ‘n totale ander mens,” lui een van die kommentare. “Wie is hierdie? Ek is nou baie deurmekaar.”
LEES OOK: Foto’s na Boer Willem en Sanel se groot dag
LEES OOK: KYK: busdrywer dink vinnig en vermy botsing reg van voor
Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.



