KYK: busdrywer dink vinnig en vermy botsing reg van voor

Deel hierdie storie / Share this story

DURBAN. – ‘n Busdrywer het vinnig gedink toe ‘n motor in die verkeerde baan na die bus toe aangery kom.

Die bus was op die N3 op pad na Durban. In die kort video word daar duidelik gesien hoe ‘n motor na die bus aangery kom. Die busdrywer swaai dan uit en vermy ‘n ernstige ongeluk.

Marthinus Myburg het oorspronklik die video op Facebook geplaas, maar dit word sedertdien oral op verskeie platforms gedeel.

“Een van ons Citybug-bestuurders het op Sondag 16 Mei 2021 van Nelspruit na Durban gery. As jy na die video kyk, sien jy ‘n voertuig in die verkeerde bane (drie bane in die rigting van KZN en drie bane in die rigting van Gauteng met ‘n betonversperring in die middel) en deur die genade van God en die goeie bestuurder se vermoë, het die motor ons bus met 25 passasiers gemis. Dankie Jesus dat U ons bus en passasiers veilig hou,” skryf Myburg by die video.

LEES OOK: Maarten Coetzee al meer as drie maande vermis

LEES OOK: Man sterf op dag wat hy Covid-19-inenting ontvang

Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.