NAMIBIË. – Die Ministerie van Gesondheid en Maatskaplike Dienste van Namibië het Dinsdag ‘n verklaring uitgereik wat bevestig ‘n Namibiese man (62) het gesterf nadat hy vroeër die dag sy eerste dosis van die Covid-19-inenting ontvang het.
Die man is op 17 Mei in die Windhoek-hospitaal oorlede.
“Die man is volgens protokol goedgekeur vir die Adverse Events Following Immunization (AEFI). Hy is ook daarna gemonitor en toe huis toe gestuur. Hy het toe teruggekeer huis toe,” het Ben Nangombe, uitvoerende direkteur van die Ministerie van Gesondheid en Maatskaplike Dienste.
Man sterf in hospitaal
Die verklaring sê verder die oorledene het ‘n rukkie nadat hy by die huis aangekom het vir sy familie gesê dat hy nie goed voel nie. Hy is toe dadelik na die hospitaal vir waarneming geneem. “Die man se bloeddruk was hoog en sy suurstofvlak was onder die normale lesing.”
Ondersoeke sal volg om die presiese oorsaak van die oorledene se dood te bepaal. Die ministerie sal dadelik almal in kennis stel sodra die uitslae bekend is. “Ons wil mense steeds aanmoedig om die inenting te neem.”
LEES OOK: 2-jarige dood binne-in die plafon van huis gevind
LEES OOK: Kim Croeser – Sy het heelaand daar gelê
Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.



