Kind geskors na Ma nie-alkoholiese Savanna vir pouse inpak

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Ma het deurgeloop onder kritiek na sy op Twitter gesê het sy kan nie glo haar kind is geskors omdat sy vir haar ‘n nie-alkoholiese Savanna vir pouse ingepak het nie.

https://twitter.com/MissGU_/status/1393881069494153221?s=20

Die twiet, wat baie kommentaar uitgelok het, bevat ‘n foto van ‘n kosblik met die nie-alkoholiese drankie wat langsaan dit staan. Die ma verduidelik verder in die inskrywing dat sy nie sap in die huis gehad het om saam met haar kind skool toe te stuur nie.

Die ma het aanhou in die kommentaar sê sy verstaan nie wat sy verkeerd gedoen het nie. Sy vertel in die kommentaar haar kind was laat die oggend en die Savanna was reeds koud in die yskas en gereed vir haar om saam skool toe te vat.

Foto: Skermgreep, Twitter
Foto: Skermgreep, Twitter

LEES OOK: 2-jarige dood binne-in die plafon van huis gevind

LEES OOK: Kim Croeser – Sy het heelaand daar gelê

Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wie die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.