Die foto van die meisie wat lyk of sy in die plaveisel wegsak, is oral op sosiale media gedeel en gebruikers moes twee keer kyk.
Baie sosialemediagebruikers het gesê daar is met die foto gepeuter, maar as jy mooi kyk, sal jy sien dit is eintlik net ‘n doodgewone foto. Mense het erken hulle moes eers deur vele kommentare op die foto lees voordat hulle geweet het wat presies in die foto gebeur.
Wanneer jy mooi kyk, sal jy sien die meisie sit eintlik agter ‘n lae muurtjie en daarom lyk dit asof sy tot by haar middel in die plaveisel weggesak het.

LEES OOK: 2-jarige dood binne-in die plafon van huis gevind
LEES OOK: Kim Croeser – Sy het heelaand daar gelê
Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.



