POTCHEFSTROOM – ‘n Pa (47) sal na verwagting op Woensdag 19 Mei 2021 in die landdroshof in Klerksdorp verskyn na sy 2-jarige dogtertjie dood binne-in die plafon van sy huis gevind is.
Daar word beweer die pa het op Donderdag 13 Mei na sy vriendin gegaan en sy dogter sonder die ma se toestemming saamgeneem. Die ma was glo tydens die voorval in die hospitaal. Sy is op Vrydag 14 Mei ontslaan en het na die kleuter begin soek, maar kon haar nie kry nie. Op Saterdag 15 Mei is die kind as vermis by die polisie aangegee.
2-jarige glo dood deur bure gevind
“Die pa van die kleuter is na verdere ondersoeke in hegtenis geneem. Hy is aangekla van ontvoering omdat hy nie aan die polisie gesê het waar die kind is nie.”
Die bure het vandag gekla van ‘n slegte reuk wat uit die huis van die verdagte kom. Ondersoek is ingestel en die bure het glo op die lewelose liggaam van die kleuter afgekom. Die polisie is dadelik ontbied. Die kleuter is binne-in die plafon van sy woonplek in Alabama naby Klerksdorp gevind.
Die pa, wat reeds in aanhouding was, word nou ook van moord aangekla.
LEES OOK: Kim Croeser – Sy het heelaand daar gelê
Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.



