Sol Plaatje-universiteit op waarskuwingsvlak 3

Deel hierdie storie / Share this story

Professor Andrew M Crouch, visekanselier en hoof van Sol Plaatje-universiteit (SPU), het in ‘n e-pos aan studente bekend gemaak dat die universiteit vanaf 3 tot 16 Mei dertien positiewe Covid-19-gevalle gehad het, terwyl 30 persone in isolasie is.

Tans is die Luka Jantjie-huis gesluit vir sanitasie. Dertig werknemers wat in nabye kontak met diegene was wat positief getoets het, is in isolasie by hul huise. Twee studente is in ‘n isolasiefasiliteit by die universiteit geplaas.
“Die land is tans op waarskuwingsvlak 1, maar die Sol Plaatje-universiteit sal op waarskuwingsvlak 3 geplaas word vanaf 17 Mei 2021 tot 31 Mei 2021. Ons sal die situasie aan die einde van hierdie maand beoordeel,” lui die e-pos.

“As ons saamwerk, sal ons hierdie probleme en uitdagings oorkom.”

Lees meer hier: Gebruik wat in jou yskas is: vyf-minuut pitapizzas-resep