Kim Croeser – Sy het heelaand daar gelê

Deel hierdie storie / Share this story

GAUTENG – Almal was verlig toe die fietsryer, Kim Croeser (47), wat sedert 16 Mei 2021 om 09:30 vermis was na sy in die Rietvlei-dieretuin gaan fietsry het, gistermiddag gevind is.

Kim het ‘n wit Renault-voertuig met die registrasienommer CH54VRGP bestuur. Haar fiets was in haar motor gevind, maar sy was nêrens te vinde nie. Die voertuig waarmee sy gery het, is geparkeer by die Rietvlei-dieretuin in Swartkoppiesweg gevind.

FiNDiT het gister berig Croeser is die middag om 15:00 gevind en was toe op pad na die polisie.

[adinserter block=”1″]

Kim Croeser het haar bewussyn verloor

Fox Security, wat ook na Croeser help soek het, het in ‘n verklaring verduidelik Croeser het op die betrokke dag besluit om nie te gaan fietsry nie, maar te gaan stap.

“Sy het teen die berg opgestap tot heel bo. Toe sy moet afstap teen die berg, was die klippe baie los,” lui die verklaring verder.

Croeser het toe glo geval en haar kop gestamp. Sy was baie deurmekaar en duiselig en het besluit om ‘n bietjie te lê.

Sy het toe haar bewussyn verloor en is eers gistermiddag gevind, wat daarop dui dat sy die hele aand daar moes gelê het.

Sy was dadelik vir geringe beserings behandel.

LEES OOK: Gypsy Rose Blanchard-geval – ma sê glo dogter is ‘terminaal siek’

LEES OOK: Kim Croeser gevind

Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.