Gypsy Rose Blanchard-geval – ma sê glo dogter is ‘terminaal siek’

Deel hierdie storie / Share this story

OHIO. – Net soos die Gypsy Rose Blanchard-geval het die ma glo ook aan haar dogter (11) en almal wat hulle ken, gesê haar kind is terminaal siek sodat sy donasies van die gemeenskap kon aanvaar.

Alles het drie jaar gelede begin toe die ma, Lindsey Abbuhl (34), die plaaslike gemeenskap begin vertel het dat haar dogter met ‘n terminale siekte, wat verband hou met haar senuweestelsel, gediagnoseer is.

“Al die geld wat ons insamel, sal help om mediese- en reiskoste te dek. Ons gaan voort om uit te vind waarom haar gesondheid so vinnig agteruitgaan,” het die ma in ‘n plasing in November 2019 geskryf. Sy het ‘n tenpin bowling-fondsinsameling gehou.

Kind weggevat na Gypsy Rose Blanchard-geval

“Daar is fout met haar sentrale senuweestelsel (sic). Haar liggaam kommunikeer nie met die res van haar liggaam nie. Ongelukkig sal sy nooit beter word nie. Ons moet nou konsentreer op die beste lewenskwaliteit vir haar,” het Abbuhl later verduidelik. Groot organisasies wat drome waar maak vir mense met terminale siektes, het donasies aan die dogter en ma gegee.

Abbuhl se eks-man het begin vrae vra oor hulle dogter en al hoe meer mense het begin wonder. Volgens mense in die gemeenskap was die meisie “te aktief” vir iemand wat so ernstig siek is. Abbuhl se eks-man het tot mediese bewyse begin vra, maar Abbuhl wou dit glo nie gee nie.

Na talle vra en ondersoeke het die hof bewys dat Abbuhl se dogter nie ‘n siekte het nie. Die saak word steeds ondersoek en haar dogter is intussen van haar af weggeneem.

LEES OOK: Kim Croeser gevind

Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.